Vir die afgelope paar jaar gaan ons graag met vakansie by Bretton Beach. Vir ons wat klein kinders het gee dit vir ons so bietjie tyd af van die dolle gejaag van die allerdaagse lewe. Met geen paaie/verkeer om die huisies is daar nie die alewige bekommernis dat een van die kids omgery gaan word nie. Die strand is sigbaar en slegs ‘n kort afstand van die huisies. Die groot see swembad op die strand is seker die grootste trekpunt vir die kinders en geniet ons almal die tyd in die water sowel as op die strand.
Die huisies is ten volle selfsorg (met opsionele skoon maak dienste), heel eenvoudig, maar gerieflik. Weereens geen bekommernis dat die kids die plek gaan afbreek nie. Rus en vrede vir ‘n moee mamma en pappa.
‘n Groot Dankie aan Lee en Colin vir ongelooflike vakansie herinneringe. Julle is wonderlik